 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back to news archives Kapitale projekte stut Emalahleni Kapitale projekte stut Emalahleni 24 Mei 2011
As Suid-Afrika se mees vooraanstaande steenkoolsentrum, geniet Emalahleni in Mpumalanga se eiendomsmark in nou ‘n sterk oplewing.
“Suid-Afrika se dringende pogings om die land se kragvoorsiening te verbeter wentel om dié steenkoolryke gebied,” sê Hein Strydom, eienaar van die plaaslike Aida-kantoor, “en die stad, voorheen bekend as Witbank, is nou saam met die naburige Middelburg verantwoordelik vir 43% van die provinsie se BBP.
“Daar is reeds vyf kragstasies in volle bedryf, nog een in aanbou (Kusile) met ‘n sewende een wat deur Anglo Coal beplan word. Daar is ook reeds sowat 45 steenkoolmyne in bedryf terwyl ten minste nog vier in die vooruitsig gestel word om die nuwe kragstasies te voorsien.”
Die strategiese ligging van die stad op die kruising van die N4 en N12 snelweë in die Maputo-korridor het ook groot staal- en chroom-aanlegte gelok en Transnet bestee nou miljoene rande om spoorlyne na Maputo se hawe op te gradeer om uitvoere van dié produkte te vergemaklik.
“As die ekonomiese hartklop van die provinsie bied Emahahleni reeds geriewe soos ‘n streeksinkopiesentrum, drie hospitale, en ‘n kampus van die Tshwane Universiteit van Tegnologie, terwyl Eskom se streekskantoor en die hoofkantore van talle mynboumaatskappye hier gesetel is. En danksy al die nuwe kapitale projekte stroom talle mense na die stad op soek na huureenhede en permanente wooneiendom.”
Gevolglik het Emalahleni, in teenstelling met die meeste ander streke in Suid-Afrika, die afgelope jaar ‘n groot oplewing in eiendomstransaksies beleef. Vraag is die grootste in die goedkoper sektor van die mark, waar huispryse tussen R470 000 en R700 000 wissel, sê Strydom.
“Ons ervaar egter nou ook beter vraag vir huise in die R900 000 tot R1,5m prysklas.”
Vraag na ligte nywerheids-, landbou- en handelseiendom is ook sterk danksy die groter plaaslike vraag na goedere en dienste oor ‘n wye spektrum maar verkope in dié sektore word aan bande gelê weens banke se traagheid om lenings aan mense wat vir hulself werk, toe te staan, sê hy.
“Terselfdertyd beleef die huurmark ‘n bloeitydperk en talle beleggers wat eiendom wil verhuur kan nou tot 95% van hul verbandkoste uit huurinkomste dek, mits hulle oordeelkumdig koop. Daar is boonop verskeie nuwe ontwikkelings in aanbou wat geskikte 2x2x2 huureenhede teen pryse van laer as R500 000 na die mark gaan bring.”
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Aida Witbank: 013 690 2131
Skakelpersoon: Hein Strydom
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|