Spanwerk het vrugte afgewerp vir twee spanne Aida-agente in die Wes-Kaap wat by die onlangse Aida National Franchises se jaarlikse toekenningseremonie vereer is.
Hendrien Louw en Johan Truter van Aida se Weskus kantoor het die toekenning ontvang vir top span in landelike en kusgebiede, terwyl Sandy en Andrew Swart van die Milnerton kantoor in die eerste plek geplaas is vir spanne wat in stedelike gebiede werk.
Hulle was onder die Aida-agente wat vir hulle harde werk en prestasies die afgelope jaar vereer is. Die toekennings is deur Aida National Franchises se uitvoerende hoof, Young Carr, oorhandig. Hy het gesê Aida-agente het buitengewoon goed presteer in ‘n baie uitdagende tydvak in die eiendomsbedryf.
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Aida Weskus: 022 772 1395
Skakelpersoon: Johan Truter
Aida Milnerton: 021 551 5025
Skakelpersoon: Ricci Johannessen