 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
|
|
 |
Back to news archives Top toekenning vir Rustenburg agentskap Top toekenning vir Rustenburg agentskap
11 September 2009
Aida Rustenburg is as die groep se top nasionale verhuringsagenskap by die onlangse Aida National Franchises se jaarlikse toekenningseremonie vereer.
Dié toekenning is vanjaar vir die eerste keer gemaak. Young Carr, die groep se uitvoerende hoof wat die toekennings oorhandig het, sê verhurings het landwyd die hoogte ingeskiet tydens die resessie.
“Ons voel dis hoog tyd dat kantore en agente wat in dié sektor werksaam is dieselfde erkenning as hulle kollegas in ander sektore van die eiendomsmark kry.
“Dit was dus ‘n groot vreugde om die eerste plek aan Rustenburg toe te ken. Die kantoor het boonop die beste huuragent in ons groep opgelewer toe Michelle Easton met die louere weggestap het.”
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Aida Rustenburg: 014 592 1501
Skakelpersoon: Chris Pieterse
|
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|