CELEBRATING 50 YEARS OF REAL ESTATE EXCELLENCE
Everything We Touch Turns To Sold
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof

KEYWORD SEARCH





Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
FRIDAY, 16 OCTOBER 2009

Back to news archives

Groter vraag na huise: agente gesoek

Groter vraag na huise: agente gesoek

Die Aida North East Executive-kantoor wat Kempton Park, Edenvale, Bedfordview en Germiston-Noord bedien, het ‘n werwingsveldtog vir nuwe agente geloods.

Francois Joubert jnr, bestuurder van die eiendomsagentskap, sê dié stap volg op ‘n beduidende styging in die vraag na wooneenhede in die gebied. “Anders as in baie ander dele van die land waar vraag na behuising kwyn, ervaar ons agentskap ‘n aansienlike oplewing in die vraag na eenhede in die prysklas tussen R600 000 en R900 000.

“Vraag is gestimuleer deur die siklus van dalende rentekoerse en talle nuwe kopers nader ons nou met die oog daarop om die eiendomsmark te betree,” sê Joubert. “Aida, ‘n vertroude naam in die bedryf met meer as 50 jaar se uitstaande diens aan kliënte, lok ‘n groot persentasie van nuwe kopers in ons gebied.”

Joubert sê voorts dat die agentskap, met kantore in Edenvale en Kempton Park, reeds meer as ‘n dekade na eiendomsverbruikers se behoeftes omsien en dat die direkteure altesaam 30 jaar ervaring in die bedryf het.

“Ons bied ons agente uitstaande rugsteundienste en infrastruktuur sodat hulle hul op kernwerksaamhede – naamlik die beste moontlike diens aan eiendomsverbruikers – kan toespits. Ons plaas ook ‘n groot premie op opleiding om ons agente in staat te stel om op die hoogte van die jongste verwikkelings in die bedryf te bly.

“Opleiding sluit in gereelde interne opleiding, verfyning van tegniek, en agentmoniteringsprogramme, sowel as gereelde toesprake van kenners in die bedryf. Beurse is beskikbaar vir ons agente om hulle NQF 4 kwalifikasies, wat nou deur wetgewing vereis word, te behaal.”

Hy sê voorts dat elke agent sy eie werkstasie, toegang tot ‘n rekenaarnetwerk wat aan ‘n bediener gekoppel is, en ‘n persoonlike e-posadres het.

Rugsteundienste sluit in hoogs ervare direkteure en bestuurders met grondige opleiding en ervaring. Die bestuur, met gesamentlike ervaring van bykans 50 jaar, gee leiding aan die span in alle marktoestande. Die beleid van maklike toegang spoor agente aan om bestuur om enige nodige hulp te nader, sê hy.

Agente by Aida North East Executive word ook vir hulle prestasies erken en beloon, sê Joubert. “Benewens maandelikse en jaarlikse toekennings, bied ons ons agente byvoordele en ‘n klub vir toppresteerders.”

Agente Madelaine Muller en Barbara Doukas sê die uitstaande erkenning en aanmoediging wat agente van bestuur ontvang is twee faktore wat hulle help om hulle potensiaal te verwesenlik. Muller voeg by dat ‘n nasionale en plaaslike verwysingstelsel en die jongste tegnologie en bemarkingsmateriaal ook tot agente se sukses bydra.

Mario Valli sê die interne opleiding is uitstekend. “Aida se nasionale opleiding is sekerlik die beste in die land en ons vind ook baat by ‘n gesonde infrastruktuur met verwysings en interaksie met ander agente. As ‘n baie suksesvolle en gelukkige agent (met ‘n NQF 4 kwalifikasie) dink ek dat my sukses toegeskryf kan word aan die feit dat ons ‘n top hoofagent en ervare topbestuur het.”

Lizette Engelbrecht sê opleiding sluit ook ontwikkeling van persoonlikheidskenmerke in. “Ek het geleer om fermer, energiek en vriendelik te wees. Intensiewe opleiding het my ook gehelp om beter met kopers sowel as verkopers te kommunikeer.”

Molwazi Msimang sê die feit dat die kantoor ‘n stelsel van gebiedspesialiste ingestel het help agente om hulle op spesifieke gebiede toe te spits. “Dit stel ons in staat om goeie verhoudinge met kliënte in ons gebied op te bou en net die beste diens te lewer.

“Die beeld wat ‘n mens uitdra is ook belangrik omdat kliënte verkies om met professionele mense te skakel – en wanneer ‘n mens té informeel aantrek of optree neem hulle jou nie ernstig op nie. Dit het ‘n rukkie geduur voordat ek dié feit gesnap het maar danksy Petro, een van ons direkteure, begryp ek nou hoe belangrik dit is.

“Dit help ook om saam met ‘n span soos my kollegas suksesvol en vriendelik is, te werk omdat daar mense is wat ‘n goeie voorbeeld stel – en jy kan net suksevol wees as jy in ‘n suksesvolle span werk.”

Almal wat graag by Aida North East Executive se wenspan wil aansluit, kan Francois Joubert by 082 783 4269 in Kempton Park of Madeleine Muller by 072 380 5406 in Edenvale/Bedfordview skakel.

EVERYTHING WE TOUCH TURNS TO SOLD





Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search