EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
TUESDAY, 31 AUGUST 2010

Back to news archives

Groot hupstoot op pad vir klein Magaliesburg

Groot hupstoot op pad vir klein Magaliesburg

31 Augustus 2010

Landelike Magaliesburg gaan na verwagting voordeel behaal uit verskeie woonontwikkelings wat gebou gaan word sodra dienste by die boupersele voltooi is.

Die klein dorpie, gerieflik geleë tussen Randfontein en die vinnig-groeiende Rustenburg, gaan waarskynlik kopers lok wat in Rustenburg en omgewing werk maar vanaf Randfontein pendel weens behuisingstekorte, sê Sienie van der Merwe, eienaar van die Aida Magaliesburg-kantoor.

“Die beplande woonontwikkelings sal ‘n welkome hupstoot gee aan die plaaslike eiendomsmark wat nou onder druk is weens onsekerheid oor talle staatskontrakte om landbougrond rondom die dorpie vir grondhervorming te bekom.

“Verskeie kontrakte is die afgelope 18 maande met die staat gesluit, maar die proses hang nou in die weegskaal. Gebrek aan fondse om die grondeienaars te betaal is as die rede aangevoer en talle eienaars is nou onseker oor hulle toekoms. Kontrakte vir grond van meer as 2000 hektaar in die Magaliesburg-gebied is onderteken,” sê sy.

Die bou van sewe nuwe ontwikkelings gaan egter sowat 200 wooneenhede in die klein dorpie, wat nou minder as 20 voltitelhuise bied, beskikbaar stel. Nuwe eenhede gaan trosbehuising sowel as voltitel-eenhede insluit, sê Van der Merwe. Dienste soos water, elektrisiteit en riool word nou aangebring.

“Eenhede gaan na verwagting in die loop van volgende jaar voltooi word en ons verwag gesonde vraag.

“Dit sal nie net ‘n voordelige woonplek wees vir pendelaars wat by die myne en verwante bedrwywe naby Rustenburg werk nie, maar Magaliesburg lok ook talle naweekbesoekers danksy die rustige landelike atmosfeer – en ons verwag dus dat eenhede gaan ook byval vind onder leefstylkopers.”

Die dorp se toerismebedryf het ook ‘n stewige hupstoot gekry deurdat die Portuguese sokkerspan tydens die Wêreldbeker daar gewoon het, sê sy. “Verskeie hotelle in die omgewing gaan waarskynlik groot voordeel uit dié blootstelling kry.”

Plaaslike handelsondernemings maak ook gereed vir die verwagte invloei van nuwe inwoners en ‘n plaaslike supermark is reeds besig om die winkel op te knap en uit te brei.

Magaliesburg is sowat 15 minute se ry vanaf Randfontein en sowat 30 minute vanaf Rustenburg geleë.

Uitgereik deur Aida National Franchises
Skakelpersoon: Ester Odendaal
012 682 9600 of ester@aidasa.co.za
Aida Magaliesburg
Skakelpersoon: Sienie van der Merwe
011 693 3706

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search