EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
WEDNESDAY, 07 DECEMBER 2011

Back to news archives

Rustige Muldersdrift nou 'n byenes

Rustige Muldersdrift nou 'n byenes

05 December 2011

Muldersdrift, tradisioneel 'n rustige landbougebied waar ploteienaars 'n paar perde, skape of pluimvee aangehou het, is nou 'n gesogte woonplek aan die Wes-Rand.

"Dis nou 'n byenes van bedrywigheid," sê Sienie van der Merwe van die plaaslike Aida-kantoor. "Muldersdrift is nou die kern van nuwe woonontwikkeling op die stad se buitegrens en kopers kan kies en keur tussen deeltiteleenhede en spoggerige eenhede in woonlandgoedere.

"Dis lekker naby aan Lanseria-lughawe en baie professionele mense wat dikwels moet reis, verkies om dié lughawe te benut - en in die omgewing te woon - eerder as om in die verkeer tussen die Wes-Rand en Oliver Tambo Internasionaal vas te sit," sê sy.

"Dit is ook naby aan die hoofroetes na Pretoria en Midrand, waar baie van die inwoners werk. En as die opknapping van die kruising op die R28 na Muldersdrift eers voltooi is, gaan die toegang na en van die hoofroetes nog geriefliker wees."

Nuwe kantoorblokke lok nou nuwe ondernemings na die gebied en Van der Merwe verwag dat dit vraag na plaaslike wooneenhede gaan aanwakker. "Werknemers sal na alle waarskynlikheid gou die voordele van 'n woonplek na aan die werkplek besef, veral omdat die woonbuurt ook 'n gesogte leefstyl bied.

"Die nabygeleë Ruimsig golfbaan is nog 'n trekpleister, veral onder afgetredenes en sakemanne. En die Silver Star Casino op die R28-roete is nou 'n gewilde kuierplek aan die Wes-Rand. Inwoners geniet graag 'n aandjie uit by een van die talle uitstekende restourante of woon een van die gereelde vertonings by," sê sy.

Pryse van meenthuise in die area begin nou sowat R700 000 vir eenhede met twee slaapkamers, terwyl pryse van eenhede in veiligheidslandgoedere soos Featherbrook by sowat R2m begin.

Die vraag na ontwikkelingsgrond het opwaartse druk op pryse uitgeoefen, sê sy. Onontwikkelde landbouhoewes van 1ha wat vir ontwikkeling gesoneer kan word haal nou pryse van sowat R2m.

Ontwikkelde hoewes verkoop teen pryse van tussen R1,5m tot R7m, afhangende van ligging. "Maar," sê Van der Merwe, teen dié pryse maak kopers leefstylkeuses - die dae toe mense 'n hoewe hier gekoop het om 'n paar gewasse te kweek of skape aan te hou, is nou verby."

Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Aida Randfontein: 082 854 7196
Skakelpersoon: Sienie van der Merwe

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search