Ewa Schutt van Pretoria is aangewys as Aida National Franchises se top agent van die jaar – benewens ‘n string ander toekennings wat sy by die groep se onlangse jaarlikse toekenningseremonie ingepalm het.
Schutt se ander toekennings sluit in top nie-residensiële agent en sy was ook aangewys as die top nasionale agent vir kommissie verdien, sowel as vir kommissie verdien in ‘n metropolitaanse gebied.
Verskeie ander agente van die groep se Pretoria-kantoor het ook met toekennings weggestap. Die kantoor het die toekenning vir die beste metro-span verower toe Sarette Genis en Betsie Summerfield in die eerste plek aangewys is, met hulle kollegas Vernon en Dianne Geere kort op hulle hakke in die tweede plek.
Maggie Smith is aangewys as die groep se top nuwelingagent in die kategorieë eenhede verkoop en kommissie verdien in ‘n metro en sy was in die tweede plek vir algehele kommisie verdien deur ‘n nuweling. Anza Visser was onder die top drie vir eenhede verkoop deur ‘n nuwe agent in ‘n metropolitaanse gebied.
Zenta Botes en Hannes van Niekerk het boonop in die top vier vir die aantal eenhede verkoop in ‘n metropolitaanse gebied geëindig.
Die skitterende vertoning van Aida Pretoria se agente het daartoe bygedra dat die agentskap die toekenning vir die groep se top nasionale kantoor gewen het in die kategorieë vir eenhede verkoop sowel as kommissie verdien.
Die kantoor is verder aangewys as die beste metropolitaanse kantoor in albei kategorieë en het boonop die toekenning vir die top presteerder in verkope van nie-residensiële eenhede verower.
Die toekennings is deur Aida National Franchises se uitvoerende hoof, Young Carr, oorhandig. Hy het gesê Aida-agente het buitengewoon goed presteer in ‘n baie uitdagende tydvak in die eiendomsbedryf.
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Aida Pretoria: 012 348 3720
Skakelpersoon: Piet Joubert