CELEBRATING 50 YEARS OF REAL ESTATE EXCELLENCE
Everything We Touch Turns To Sold
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof

KEYWORD SEARCH





Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
WEDNESDAY, 13 JANUARY 2010

Back to news articles

Waagmoed nou voordelig, sê Aida-baas

Waagmoed nou voordelig, sê Aida-baas



Hoewel die eiendomsbedryf verlig is dat die uitdagings van 2009 agter die rug lê, het talle ondernemers in die bedryf die geleentheid benut om uitgediende sakepraktyk oorboord te gooi en nuwe stelsels in werking te stel ter voorbereiding van ‘n beter jaar vorentoe.



“En positiewe aanpassings gaan beslis diegene wat die moed van hulle oortuigings gehad het in 2010 bevoordeel,” sê Young Carr, uitvoerende hoof van die Aida-konsessiegroep.



Die afgelope 12 tot 18 maande was voordelig vir eiendomsverbruikers in die sin dat eiendomsagente dit nie meer kon beskostig om die terloopse benadering wat tydens die vorige ekonomiese oplewing hoogty gevier het, te volg nie, sê hy. Agente moes inderdaad uitstaande diens lewer om mandate te behou en transaksies te sluit.



“Ons verwag dat dié tendens in 2010 sowel as die komende jare gaan toeneem aangesien maatskappye soos ons groep die moeiliker tye benut het om splinternuwe idees in te stel wat die plaaslike eiendomsbedryf tot nuwe hoogtes gaan voer.”



Hy sê terselfdertyd dat beleggers nou munt uit die mark kan slaan. “Die resessie is amptelik iets van die verlede en na verwagting gaan werksgeleenthede vanjaar begin toeneem, salarisse gaan na verwagting begin styg en die vraag na behuising gaan ook toeneem.



“Dit gaan meebring dat die oorvoorsiening van behuisingsvoorraad opgeneem gaan word en dat huispryse weer gaan begin styg. Terselfdertyd sal daar steeds baie verbruikers wees wat ingevolge streng kredietmaatreëls nie vir huislenings kwalifiseer nie en dus behuising moet huur.



“Dus is dit nou ‘n voordelige tyd vir ernstige beleggers om weer die mark te betree – veral in die lig van die heersende lae rentekoerse. Ekonome voorspel dat eiendomspryse oor die volgende drie jaar met minstens 30 persent gaan styg en eienaars wat hulle beleggingseiendom verhuur behoort ook in dié tydperk baie voordelige opbrengste te verdien.”



Carr sê Aida-agente in talle gebiede berig inderdaad ‘n beduidende toename in die aantal transaksies wat slaag danksy hernieude vertroue wat in September verlede jaar begin posvat het. “Gevolglik is ons vol vertroue dat 2010 ‘n uitstekende jaar vir eiendom gaan wees.”



Uitgereik deur Aida National Franchises

Aida hoofkantoor: 012 682 9600

Skakelpersoon: Young Carr





Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search