Aida Goldfields se Welkom-kantoor het altesaam ses toekennings by die eiendomsgroep se jaarlikse toekenningseremonie verower.
Die kantoor het die eerste plek behaal in die kategorie top stedelike kantoor vir eenhede verkoop en tweede plek in die kategorie top stedelike kantoor vir kommissie verdien. Dit het ook tweede plek behaal in die kategorie top nasionale kantoor vir eenhede verkoop, wat meegehelp het dat Welkom as die nawenner aangewys is as Aida se top nasionale kantoor.
Nuweling Jan Viviers was die kantoor se ster by die geleentheid. Hy het die tweede plek behaal in die kategorie top algehele nuweling-agent nadat hy ook die tweede plek behaal het in die kategorie top nuweling agent vir eenhede verkoop in die loop van die jaar.
Die toekennings is deur Young Carr, Aida se uitvoerende hoof, oorhandig. Hy het Aida-agente geloof vir hulle harde werk en toewyding in moeilike marktoestande die afgelope jaar.