EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
WEDNESDAY, 07 DECEMBER 2011

Back to news archives

Suid-Afrikaners pak vir Hermanus eerder as Perth

Suid-Afrikaners pak vir Hermanus eerder as Perth

07 Desember 2011

Hermanus in die Wes-Kaap steek Australië nou die loef af onder Suid-Afrikaners wat 'n rustiger en veilige leefstyl verkies.

Met die wisselkoers nou sowat R8 vir 'n Australiese dollar is dit nie net goedkoper om na Hermanus eerder as Australië te verhuis nie, sê Ludwig Schulenburg van die plaaslike Aida-kantoor, maar Hermanus voldoen ook aan al die vereistes wat aan die mees gewilde bestemmings in Australië gestel word.

"Die dorp het 'n baie lae misdaadvlak, bied 'n wonderlike leefstyl aan die kus, 'n aangename klimaat, en talle sakegeleenthede," sê hy. "En kopers wat Hermanus bo Perth verkies hou natuurlik hulle plaaslike netwerk vriende en familie byderhand."

Hermanus, tradisioneel 'n vakansie- en aftreebestemming, lok nou deurlopend ekonomies aktiewe kopers uit groot stede in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Kaap, sê hy, en die nuwe 'setlaars' het die aantal permanente inwoners nou tot sowat 55 000 laat styg.

"Kopers is gewoonlik in hul veertigs en verhuis na Hermanus om uit die gejaagde stadslewe te ontsnap - en die sprankelende ekonomie laat hulle toe om eie ondernemings tot stand te bring en 'n inkomste teen hul eie pas te verdien sodat hulle tyd saam met hulle gesinne kan deurbring.

"Die plaaslike staatskool, met 'n matriekslaagsyfer van 100% die afgelope 17 jaar, is natuurlik 'n groot trekpleister en 'n Curro-skool wat vroeër vanjaar geopen het, gee ouers nou die keuse om hulle kinders by 'n private skool in te skryf."

Vakansiehuise is egter steeds in aanvraag en kopers slaan nou munt uit markverwante pryse, sê Schulenburg. Verkopers, wat tot baie onlangs nog op hul vrapryse aangedring het, is nou baie meer inskiklik om met voornemende kopers te onderhandel om 'n transaksie te kan beklink.

Pryse van woonstelle met twee slaapkamers begin nou by sowat R600 000, meenthuise verkoop teen pryse vanaf R800 000, terwyl pryse van gesinshuise by sowat R1m begin, sê hy.

Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Aida Hermanus: 082 444 0592
Skakelpersoon: Ludwig Schulenburg

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search