CELEBRATING 50 YEARS OF REAL ESTATE EXCELLENCE
Everything We Touch Turns To Sold
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof

KEYWORD SEARCH





Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
FRIDAY, 16 OCTOBER 2009

Back to news archives

FNB se ‘Quick Sell’ eiendom goeie kopies

FNB se ‘Quick Sell’ eiendom goeie kopies

24 Augustus 2009

Eerste Nasional Bank se Quick Sell Plan, wat huiseienaars onder finansiële druk help om kopers te vind, bied ook goeie kopies vir eiendomsbeleggers.

Dit is die mening van Young Carr, uitvoerende hoof van Aida National Franchises wat as ‘n eiendomsvennoot vir die plan aangewys is. Hy wys daarop dat kopers wat deur ‘n ENB-vennootagent werk vir huislenings van tot 100% op so ‘n eiendom kan kwalifiseer en op die koop toe ‘n 50% afslag op oordragkoste en verbandregistrasiefooie kan kry.

“Dit is ‘n baie aantreklike aanbod in die heersende kredietklimaat, waar huiskopers in die algemeen ‘n kontantdeposito van minstens 20% moet betaal, sowel as ‘n bedrag gelyk aan ten minste 4% van die eiendom se waarde om transaksiekoste te dek.”

Die koop van ‘n Quick Sell-eiendom deur Aida kan ‘n yslike verskil maak aan die opbrengste wat ‘n belegger kan verwag. “Om ‘n gewone eiendom wat byvoorbeeld R800 000 kos, te koop sal die meeste kopers nou ‘n deposito van minstens R160 000 sowel as sowat R32 000 in oordrag- en verbandkoste moet betaal.

“Beleggers wat egter ‘n ENB Quick Sell-eiendom van R800 000 met ‘n 100% verband koop, sal slegs sowat R16 000 kontant nodig hê – die helfte van die oordrag- en verbandkoste – en wanneer eiendomspryse weer begin styg sal die bykomende hefboomfinansiering aansienlik hoër opbrengste vir die belegger lewer.

“Daarby verminder dit die belegger se risiko. Dit is baie minder riskant om R16 000 in kontant vir ‘n eiendom neer te sit as om R192 000 van jou spaargeld in ‘n transaksie te stort.”

Carr maan egter dat beleggers nie oorboord moet gaan en hulle finansiële rieme te dun te sny nie. “Hoewel eiendom wat deur die Quick Sell Plan aangebied word as winskopies beskou kan word, sal dit beleggers niks baat om dit te koop net om later verplig te word om dit weer te verkoop omdat hulle self in finansiële moeilikheid beland nie.”

Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr





Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search