EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
FRIDAY, 26 NOVEMBER 2010

Back to news archives

Stygende vraag steun eiendomspryse op Parys

Stygende vraag steun eiendomspryse op Parys

26 November 2010

Parys aan die oewers van die Vaalrivier is vinnig besig om te verander van ‘n naweekplek na ‘n toevlugsoord vir mense wat permanent die stadslewe vaarwel wil toeroep, en dit gee die dorp se eiendomsmark ‘n hupstoot.

Dit is die mening van Pierre Boucher, hoofagent van die plaaslike Aida-kantoor. Hy wys daarop dat huispryse in dié skilderagtige dorpie ondanks die resessie die afgelope paar jaar bestendig gebly het. “Vraag is steeds sterk en daar was geen oorvoorsiening van eenhede nie aangesien talle mense weens die landelike leefstyl verkies om permanent hierheen te verhuis. Ons het ook ‘n groeiende gemeenskap kunstenaars en kunshandwerkers.

“Talle van die ouer huise met pryse van tussen R500 000 en R700 000 word opgekoop en as gesinshuise opgeknap en onder jonger kopers is daar sterk aanvraag na meenthuise, veral in die prysklas van tussen R400 000 en R700 000.”

Nuwe woonontwikkeling vind ook plaas. Twee gholfontwikkelings is nou in aanbou en een sluit ‘n aftree-oord in wat deur Aida bemark word en baie belangstelling lok.

“Parys word inderdaad ‘n toenemend gewilde aftreeplek,” sê Boucher, “danksy die rustige kleindorpse atmosfeer terwyl daar terselfdertyd goeie mediese en inkoopgeriewe beskikbaar is, sowel as ‘n verskeidenheid nabygeleë gholfbane en natuurlik talle geleenthede vir mense wat in die natuur of kunste belangstel.”

Hy wys daarop dat ouer huise in die middedorp nou gemoderniseer word of gesloop word om plek te maak vir moderne winkels en kantore wat in groot aanvraag is weens die nuwe ondernemings wat ‘n verskyning maak. Baie van dié ondernemings hou verband met toerisme, ‘n bedryf wat vinnige groei toon.

“Parys is internasionaal bekend as die poort na die Vredefort Koepel Wêreld-erfenisgebied – die groot krater waar ‘n meteoriet die aarde miljoene jare gelede getref het – maar deesdae lok dit ook groot getalle avontuurtoeriste, watersportgeesdriftiges en mense wat aan uiterste sportsoorte deelneem.

“En omdat dit maar net 120km uit Johannesburg is, bly dit gewild onder naweekbesoekers en is dit ‘n uitsoek bestemming vir troues en konferensies. Daar is dosyne gastehuise, bed-en-ontbytplekke, troulokale en konferensiegeriewe in die gebied, en ander gewilde geriewe en aktiwiteite sluit in staproetes, vlieghengel, riviervlotte, bergfietsritte en viertrekuitdagings.

“Ons het selfs elke November ‘n avontuurfees hier, wat ‘n interessante kontras vorm met die jaarlikse Kuns- en Oudhedefees wat duisende skattejagters na Parys lok.”

Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9800
Skakelpersoon: Gerda Bothma
Aida Parys: 056 811 5612
Skakelpersoon: Pierre Boucher

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search