 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back to news articles Bystandverkope lig Midrandse eiendomsmark Bystandverkope lig Midrandse eiendomsmark 12 September 2011
Vraag na eiendom aan die buitewyke van Midrand in gebiede soos Clayville en Tembisa neem toe danksy ‘n meer toeskietlike benadering deur banke.
Julie Davison-White, hoofagent van die Aida-kantoor in Midrand, sê banke staan verbande van tot 100% toe aan kopers met skoon kredietrekords wanneer hulle eiendom in dié gebiede en ‘n paar ander dele van Midrand koop.
“Dit is glad nie die norm nie aangesien die meeste kopers steeds deposito’s van minstens vyf tot 10% moet betaal, maar baie kopers in Clayville en Tembisa koop eiendom wat deur banke verkoop word om huiseienaars onder finansiële druk te help. Danksy dié bystandsprogramme kry kopers dikwels 100% verbande en 50% afslag op oordragkoste - en dit stel hulle in staat om makliker ‘n vastrapplek in die mark te kry.”
Aida is een van 10 maatskappye landwyd wat verkopers onder druk via die vier groot banke help om hul eiendom van die hand te sit. “Aida Midrand is inderdaad trots daarop dat ons vele eienaars gehelp het om eiendom teen redelike pryse te verkoop en dus voorkom het dat die eiendom in beslag geneem is en dat sulke verbruikers se kredietrekords benadeel is.”
Sulke eiendom verkoop gewoonlik vinnig teen pryse van tussen R350 000 en R550 000 vir losstaande huise in Tembisa en vanaf R550 000 tot R700 000 vir losstaande huise in Clayville.
Davison-White sê daar is terselfdertyd sterk vraag na goedkoper eiendom in gewilde gebiede soos Vorna Valley, waar eenhede gemiddeld sowat R550 000 kos; Halfway Gardens, waar meenthuise tussen R650 000 en R700 000 kos; en Noordwyk, waar huise van minder as R1m “soos soetkoek verkoop”.
Wat vrypaghuise in die hoër prysklasse betref is Halfway Gardens nou een van die mees gewilde areas vir kopers van voorstedelike huise in die prysklas van tussen R1,1m en R2,2m en kopers van troseenhede in die prysklas van tussen R1,4m en R2,5m. Verkope in dié prysklasse neem nou vinnig toe, sê sy.
“Wat wel afgeneem het is vraag na onverbeterde grond in Midrand, maar ontwikkelde landbouhoewes is steeds gewild teen pryse vanaf sowat R1,2m.”
Die huurmark is terselfdertyd lewendig en voorraad het toegeneem weens laer verkoopspryse. “Eienaars wat hul eiendom in die afgelope vyf jaar gekoop het sukkel om teen ‘n wins - of selfs teen pryse gelykstaande aan uitstaande verbande - te verkoop en besluit dan om die eenhede eerder te verhuur.”
Eenhede met twee slaapkamers met huurgeld van tussen R4000 en R4500 per maand is in groot aanvraag, sê Davison-White, en huise met drie slaapkamers kry maklik huurders teen huurgeld van tussen R5500 en R6500 per maand.
“Kleiner eenhede met een slaapkamer teen R2500 per maand is ook in aanvraag maar daar is bittermin voorraad in dié kategorie. Huureiendom naby die Gautreinstasie en busroetes is nou veral gewild onder Tuks-studente wat maklik en vinnig na die kampus naby die Hatfield-stasie kan pendel, sowel as professionele mense wat verkies om met die trein na hul werkplekke in Pretoria en Johannesburg te reis.”
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Aida Midrand: 011 805 5043
Skakelpersoon: Julie Davison-White
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|