 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back to news archives Kleinhandelsplanne stut eiendomsvraag op Newcastle Kleinhandelsplanne stut eiendomsvraag op Newcastle 25 Februarie 2011
Newcastle is reeds die nywerheids- en ekonomiese hartklop van die Amajuba-distrik in noordelike KwaZulu-Natal en gaan nou ook in die kleinhandelskern van die gebied omskep word danksy ‘n nuwe streeksinkopiesentrum ter waarde van R400m.
Die sentrum gaan langs die Black Rock casino en hotel op die hoek van Oak-laan en die Ladysmith-pad naby die wisselaar met die N11, een van die hoofvervoerroetes tussen Durban en Gauteng, gebou word en bouwerk aan die 35 000vkm eerste fase het reeds begin.
Volgens Cindy Buthelezi, eienaar van die Aida-konsessie op Newcastle (sien foto), wakker die vooruitsig van die koopsentrum en die werksgeleenthede wat dit gaan skep reeds huisverkope op dié dorp aan, veral in voorstede na aan die ontwikkeling, soos Arbor Park.
“Die ontwikkelaars, Zenprop, sê die eerste fase van die Newcastle Mall gaan sowat 100 winkels huisves, insluitende ankerwinkels soos Checkers, Pick ‘n Pay, Game, Edgars en Woolworths, sowel as Ackerman’s, Boardmans, Jet, CNA, Legit, Clicks, Pep, Mr Pice, Milady’s, Foschini, Markham, Total Sport, Exact, American Swiss, Identity en Truworths,” sê sy.
“Daar gaan natuurlik ook restaurante en teaters wees en die sentrum gaan nie net omvattende inkopie- en vermaaklikheidsgeriewe aan die sowat 500 000 inwoners van ons dorp verskaf nie, maar ook aan inwoners van omliggende dorpe soos Ladysmith, Glencoe, Dundee, Utrecht, Vryheid, Volksrust en Piet Retief – ‘n groot voordeel vir dié inwoners wat nou al die pad Pietermaritzburg toe moet ry as hulle inkopies by ‘n groot sentrum wil doen.”
Buthelezi sê egter dis nie die enigste verandering wat vuur onder die plaaslike eiendomsmark stook nie. “Newcastle word ook ‘n al hoe belangriker administrasiesentrum vir die streek en talle van ons huiskopers werk by verskeie staatsinstellings soos die departemente van gesondheid en onderwys.”
Losstaande huise met pryse van tot sowat R500 000 in die voorstede van Newcastle self is nou in die hoogste aanvraag, hoewel eerste kopers ook die voormalige townships soos Madaleni en Osizweni teiken. “In dié gebiede kan ‘n mens ‘n opgeknapte huis met aangeboude vertrekke vir sowat R250 000 koop.”
Die huurmark op Newcastle presteer terselfdertyd goed danksy die dorp se goed gevestigde nywerheidsektor, wat staal, chroom-chemikalieë, leer, sintetiese rubber, tekstiele en motorkomponente lewer, asook die onlangse oplewing in steenkoolmynbou in die omgewing om aan die land se groeiende energiebehoeftes te help voorsien.
“Kortom, ons mark is lewendig en in gesonde ewewig danksy die wye verskeidenheid plaaslike ekonomiese werksaamhede en ek verwag beter-as-gemiddelde groei in waardes hier oor die volgende 18 tot 24 maande.”
* Die nuwe Aida-konsessie is in Kudu-laan in Hutton Heights geleë en Cindy se telefoonnommers is 083 593 4291 en 034 312 3977.
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Gerda Bothma
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|