 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back Probleme met infrastruktuur in Kimberley fnuik huiskopers Probleme met infrastruktuur in Kimberley fnuik huiskopers 13 Augustus 2010
Gebrek aan nuwe ontwikkeling van behuising in Kimberley, die hoofstad van die Noord-Kaap, hou nou eerste kopers uit die mark.
Kobus van der Walt, eienaar van die Aida-kantoor in die stad, sê daar is groot opgehoopte vraag en dat kopers “toustaan” om eenhede te koop in ontwikkelings wat voor Desember 2008 goedgekeur is en nou beskikbaar gestel word. ‘n Moratorium op nuwe ontwikkeling in die stad het aan die einde van 2008 van krag geword.
“Dié tendens is byvoorbeeld duidelik sigbaar in die Cassandra- en Riviera- ontwikkelings, waar ons nou sowat 40 nuwe meenthuise te koop het. Dié 100vkm eenhede met pryse wat wissel tussen R585 000 en R599 000 lok groot belangstelling en meervoudige aanbiedinge.”
Nogtans, sê hy, is dit moelik om transaksies in dié prysklas af te handel weens die banke se onwilligheid om100% verbande toe te staan. “Die 104% lenings wat wyd ter sprake is, is net van toepassing op mense met ‘n huishoudelike inkomste van minder as R15 000 en wat huise teen minder as R450 000 koop.
“Ander jong mense en eerste kopers wat nie genoeg kontant vir ‘n deposito van minstens 10% sowel as oordragkoste het nie is dus in ‘n knyptang vasgevang omdat daar nie genoeg behuisingsvoorraad teen die regte prys is nie en terselfdertyd gebrek aan finasiering vir eenhede teen hoër pryse.”
Dit is dus verstaanbaar dat Kimberley se mees aktiewe marksektor nou middel-inkomste voorstede is, waar pryse nou gemiddeld sowat R900 000 is – en waar talle transaksies met tweede of derde kopers gesluit word omdat hulle kontant kan betaal of groot deposito’s kan bekostig.
Oor die toekoms sê Van der Walt dat daar nie veel aan eerste kopers se heil gedoen kan word totdat die moratorium opgehef word nie – en dit gaan eers gebeur wanneer die plaaslike owerheid honderde miljoene bestee het om die stad se massa-infrastruktuur te herstel en te verbeter, veral ten opsigte van die stad se oorwerkte behandelingsaanlegte van afvalwater en riool.
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida Kimberley 053 831 7888
Skakelpersoon: Kobus van der Walt
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|