 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back to news archives Kleinkrans lok groot belangstelling Kleinkrans lok groot belangstelling Kieskeurige afgetredenes en vakansiegangers ontdek nou die sjarme – en aantreklike huispryse – van Kleinkrans naby die immer-gewilde Wildernis aan die Tuinroete.
Kleinkrans, sowat 10 minute se ry vanaf Wildernis, bied al die rus en vrede wat van Wildernis een van die gewildste plekke langs die mooi kus gemaak het maar, sê Annie Dryling van die plaaslike Aida-kantoor, dit is veel goedkoper.
“Knus twee-slaapkamerhuise op Kleinkrans verkoop nou vanaf sowat R500 000 en kieskeurige kopers beskou eiendom hier as ‘n uitstekende belegging aangesien hulle die eiendom as vakansiehuise kan benut totdat hulle later langs die kus kom aftree.”
Klein woonerwe van sowat 315vkm verkoop teen pryse vanaf R350 000.
“Kopers kom uit alle dele van die land, veral Gauteng, sowel as uit die buiteland. Wildernis self het egter niks van sy gewildheid ingeboet nie en drie-slaapkamer gesinshuise verkoop nou teen pryse vanaf sowat R1,8m,” sê sy.
“Afgetredenes en mense wat uit Gauteng kom is nou baie bedrywig in die mark terwyl toerisme-verwante eiendomme talle jonger kopers lok wat graag by die see wil woon en werk. Restourante en bed-en-ontbyt-plekke word tipies deur dié soort koper geteiken.”
Pryse van eiendomme wat vir bed-en-ontbyt-ondernemings aangewend kan word wissel vanaf R3m tot sowat R27m, sê Dryling. In die laer prysklasse kan kopers eiendomme met vyf slaapkamers koop terwyl duurder eiendomme tot 14 slaapkamers bied.
Kleinhoewes naby Hoekwil bly gewild onder perdeliefhebbers sowel as leefstyl beleggers uit die binneland en die buiteland Pryse van 2ha eenhede begin by sowat R2m.
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Ester Odendaal, streeksbestuurder
Aida Wildernis: 044 877 1661
Skakelpersoon: Annie Dryling
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|