 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back to news articles Toekennings stroom in vir Aida Polokwane Toekennings stroom in vir Aida Polokwane 06 September 2011
Aida se Polokwane-kantoor is weer as een van die top bydraers tot ekonomiese groei en ontwikkeling in die Limpopo-streek aangewys en het onlangs ‘n PMR Silver Arrow-toekenning vir dié bydrae ontvang.
“Dis ons vierde agtereenvolgende Attow-toekenning,” sê eienaar van die kantoor Anton Hanekom, “en ons voel geëerd dat ons gemeenskap ons pogings raaksien en waardeer.
“Die toekenning span die kroon op ‘n uitsonderlike jaar vir ons agentskap, wat onlangs ook deur die nasionale Aida-groep as die top kantoor in die Limpopo/Mpumalanga-streek – en as een van die top drie konsessies in die land vir eenhede verkoop – aangewys is. Maar sonder ons kliënte sou nie een van dié toekennings moontlik gewees het nie – hulle help ons om ons werksaamhede uit te brei omdat hulle deurlopend nuwe kliënte na ons verwys.”
Die Arrow-toekennings word jaarliks deur die invloedryke tydskrif, Professional Management Review, gemaak na ‘n opname waarin duisende respondente gevra word om maatskappye en ander organisasies te nomineer en in rangorde te plaas ten opsigte van aspekte soos dienslewering, professionalisme, bydraes tot ontwikkeling en betrokkenheid by die gemeenskap.
Aida Polokwane was vanjaar weer die top eiendomsagentskap in die sake-afdeling van die opname en Hanekom skryf dit toe aan ‘n sterk handelsnaam, gekoppel aan die deeglike opleiding van agente wat gevolglik uitstaande diens kan lewer terwyl hulle terselfdertyd baie aktief in hul gemeenskappe is.
“Die Aida-handelsnaam is natuurlik die mees geliefde en vertroude in die SA eiendomsektor en ons besef dat ons altyd aan die verwagtinge wat dit skep moet voldoen - dit is die rede waarom ons verbind is tot opleiding en slyping sodat ons agente diensvlakke deurlopend kan verbeter.
“Al die senior agente by Aida Polokwane het byvoorbeeld reeds die nuwe NQF4 eiendomskwalifikasie verwerf en ‘n hele paar is reeds besig met NQF5-kursusse. En al ons nuwe agente is reeds vir NQF4 geregistreer en besig om hul kursusse te voltooi.
Die tweede saak waartoe die agentskap verbind is, sê hy, is om ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap te lewer. “As deel van dié verbintenis het ons die afgelope jaar ons volle ondersteuning verleen aan die nasionale Aida veldtog om bloedskenking te bevorder aangesien ons dink dit is ‘n saak waarmee die hele gemeenskap kan identifiseer.
“Ons het verskeie bloedskenkingsgeleenthede in ons gebied georganiseer en is dankbaar dat ons gemeenskap so ondersteunend en betrokke was dat Limpopo een van die streke is wat die meeste eenhede geskenk het.”
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Aida Polokwane: 015 295 3134
Skakelpersoon: Anton Hanekom
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|