EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
WEDNESDAY, 20 OCTOBER 2010

Back to news archives

Laevelders se harte klop sterk

Laevelders se harte klop sterk

20 Oktober 2010

Honderde Laevelders het hul gulhartigheid die afgelope paar maande bewys deur bloed te skenk in ‘n hoë-profiel skenkingsveldtog wat deur die plaaslike Aida-kantore van stapel gestuur is.

Meer as 4 100 eenhede bloed is geskenk sedert die eiendomsgroep ‘n jaar gelede sy nasionale veldtog om die SA Nasionale Bloeddiens se voorrade aan te vul, begin het en Aida Laeveld het veral daarin geslaag om kliënte, verskaffers en die gemeenskap aan te spoor om die veldtog te ondersteun deur gereeld bloedskeningsdae in die verskeie dorpe waar dit werksaam is, aan te bied.

Dit het inderdaad meegehelp dat die Bloedbank in Nelspruit die afgelope jaar die hoogste volume geskenkte bloed landwyd ontvang het.

“Ons is daarop gerig om ons kliënte en die wyer gemeenskap na die beste van ons vermoë te dien en projekte soos dié vorm ‘n groot deel van ons verbintenis tot gemeenskapsdiens,” sê Marelize Schuld, eienaar van die konsessie. “Ons ondersteun die Bloeddiens se veldtog om voorrade vir trauma-pasiënte en mense wat op gereelde oortappings aangewese is ten volle en nooi deurlopend lede van die plaaslike sakegemeenskap en lojale kliënte, sowel as lede van die publiek, om die veldtog te ondersteun.”

‘n Belangrike faktor in die sukses van Aida se nasionale bloedskenkingsveldtog, sê uitvoerende hoof, Young Carr, is dié verbintenis van die groep se konsessiehouers – met meer as 50 kantore landwyd wat skenkingsveldtogte by plaaslike winkelsentrums, skole, kolleges en ander plekke sowel as hul eie kantore gereël, bekendgestel en ondersteun het.

“Daarby het die maatskappy se kenmerkende rooi-en-wit korporatiewe kleure bygedra om aandag op die “Is jou bloed rooi?”-veldtog te vestig en kliënte, sakevennote en lede van die publiek te oortuig om gereeld bloed te skenk.

“Danksy ons pogings is daar ou ‘n groter bewustheid dat geskenkte bloed letterlik die lewe van talle mense met ernstige siektoestande sowel as ongelukslagoffers kan red.”

Voornemende skenkers kan die SA Nasionale Bloeddiens se webtuiste by www.sanbs.org.za besoek of die instansie se inligtingslyn skakel om uit te vind waar hulle bloed kan skenk.

Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Gerda Bothma
Aida Laeveld: 013 750 2069
Skakelpersoon: Marelize Schuld

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search