EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
WEDNESDAY, 12 JANUARY 2011

Back to news archives

Bekostigbare huise gewild in Tshwane

Bekostigbare huise gewild in Tshwane

12 Januarie 2011

Die bekostigbare behuisingsektor in Tshwane se noordelike gebiede is behoorlik aan die kook.

Ao sê Annette Louw, bedryfsbestuurder van die Aida Noord-kantoor. “Ons het sedert Oktober 2008 rekordmaande aangeteken ten opsigte van eenheidsverkope – en in 2010 het ons meer as 50 huise per maand verkoop, hoofsaaklik in die prysklas van R250 000 tot R500 000.

“Meeste van dié eenhede is voltitel gesinshuise met twee of drie slaapkamers in Mabopane, Soshanguve en Orchards, alhoewel ons ook talle huise in Akasia en Doornpoort verkoop het.”

Die agentskap werk gewoonlik nou saam met ‘n huisbouer, sê sy, en help om individuele erwe in gewilde woonbuurte uit te wys waar nuwe eenhede gebou kan word, en bemark dan dié eenhede.

“Ons het ook die afgelope jaar heelwat spekulasie in ons gebiede bemerk en het talle huise herverkoop wat opgeknap is nadat dit teen winskooppryse op veilings gekoop is.

“Daarby het ons ook groot sukses behaal in samewerking met banke wat verskeie programme van stapel gestuur het om eienaars onder finansiële druk te help om hulle huise op die ope mark te verkoop eerder as dat dit in beslag geneem word.”

Louw sê die meeste kopers in dié gebied is salaristrekkers wat in Pretoria se stad of Rosslyn werk. “En ons het bevind dat die meeste toegang tot die internet het en dat dit ‘n uitstekende kanaal is om bekostigbare eiendomme te adverteer.”

Wat finansiering betref, sê sy dat sommige kopers subsidies van die staat of stadsraad ontvang terwyl talle ander kontant deposito’s kan betaal. “Maar selfs as dit nie die geval is nie, is banke in die algemeen gewillig om huislenings in dié pryskategorie toe te staan, veral vir nuutgeboude huise – mits aansoekers natuurlik nie swak krediertekords het nie.”

Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Gerda Bothma
Aida Noord: 012 543 0054
Skakelpersoon: Annette Louw

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search