EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
MONDAY, 18 OCTOBER 2010

Back to news archives

Aida Polokwane wen top saketoekenning

Aida Polokwane wen top saketoekenning

15 Oktober 2010

Die Aida Polokwane eiendomsagentskap het ‘n gesaghebbende Diamond Arrow-toekenning ontvang vir die agentskap se bevordering van ekonomiese groei en ontwikkeling in Limpopo die afgelope 12 maande.

Die toekenning, wat deur die tydskrif Pofessional Management Review (PMR) toegeken is, volg op ‘n opname waarin duisende korporatiewe respondente en respondente in openbare diensbedrywe gevra is om maatskappye te nomineer en dan te beoordeel vir die bydraes wat hulle maak, sowel as vir hulle bestuursvernuf en korporatiewe bestuursprosedures.

Met ‘n puntetelling van 4.2 uit ‘n moontlike 5 was Aida Polokwane die eiendomsmaatskappy met die hoogste telling in die sake-afdeling van die opname, en agentskapeienaar Anton Hanekom sê sy kantoor voel geëerd om by die uitgelese groep vooraanstaande plaaslike ondernemings wat reeds diamantpyle ontvang het, aan te sluit. Die agentskap het voorheen self verskeie PMR goue pyle ontvang.

“Die PMR-toekenning bevestig dat ‘n maatskappy volgens gesonde sakebeginsels bestuur word en dek ook eksterne aspekte soos dienslewering, professionaliteit en gemeenskapsbetrokkenheid. Dit onderstreep ons kantoorleuse dat diens en integriteit nie onderhandelbaar is nie.”

Hy sê voorts dat die toekenning Aida Polokwane se reeds aansienlike markaandeel gaan vergroot. “Aida is ‘n huishoudelike naam in dié stad en ons doen ons bes om die vertroue wat in ons gestel word nie teleur te stel nie. Die toekenning gaan ons hoogsopgeleide en professionele personeel verder aanmoedig om steeds net die beste eiendomsdiens in Limpopo te lewer.”

Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Jeanette Poolman
Aida Polokwane: 015 295 3134
Skakelpersoon: Anton Hanekom

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search