 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back Aida Laeveld brei groot uit Aida Laeveld brei groot uit
Aida se Laeveld-kantoor het sy vlerke gesprei en bied nou eiendomsdienste in die meeste vooraanstaande dorpe en omliggende gebiede in Mpumalanga.
Die kantoor spits werksaamhede toe op die woon- en huurmarkte van Nelspruit, Witrivier, Sabie, Graskop, Bosbokrant, Sabiepark, Hazyview, Rocky’s Drift, Baberton en Marloth Park, sê die eienaar, Marelize Schuld.
“Aida se uitvoerende hoof, Young Carr, het 2010 bestempel as die jaar van waagmoed – en dit was ons motivering om die Aida-handelsnaam, wat reeds die afgelope 52 jaar die Suid-Afrikaanse eiendomsmark bedien, verder in die Laeveld-streek uit te brei,” sê sy.
“En met agente wie se belangrikste oorweging kliëntediens is, is dit maklik om waagmoed in die heersende ekonomiese klimaat aan die dag te lê. Ons hoogs-opgeleide span bied gesamentlike ervaring van bykans vier dekades en ons leuse is ‘wees die heel beste wat jy kan’, wat die heel beste diens aan ons kliënte moontlik maak.”
Die hoofkantoor is in Witrivier net buite die provinsie se hoofstad, Nelspruit, gesetel en ‘n moderen koffiewinkel-benadering sal in die kleiner dorpe en omliggende gebiede benut word om beter toegang aan verbruiikers te bied en om eiendomme wat te koop is wyer blootstelling te gee.
Schuld sê voorts dat Aida Laeveld sy gemeenskapsdiens gaan uitbrei en dat projekte in samewerking met plaaslike skole binnekort bekend gestel gaan word. “Ons poog om ons kliënte en die wyer gemeenskap na die beste van ons vermoë te bedien en gemeenskapsprojekte vorm deel van dié verbintenis, net soos ons doel om die wonderlike Laeveld-gebied verder te ontwikkel.”
Sy verwys na die sukses van die Hazyview-kantoor – een van die kleinstes in die Aida-groep – in Aida se nasionale bloedskenkingsveldtog. “Die kantoor het die Nelspruit Bloedbank bygestaan om die meeste bloed landwyd die afgelope ses maande te bekom. Dieselfde waagmoed, bemarkingsvaardighede en dienslewering kenmerk ons sake-aanslag,” sê sy.
Die Laeveld, steeds ‘n gewilde toeristebestemming en die poort na Mosambiek, bied ‘n wye verskeidenheid eiendom met pryse wat wissel van R220 000 in landelike gebiede tot R18m vir luukse eiendom soos lodges en forel-, neut- en wildsplase aan die oewers van die Sabie- en Komatieriviere.
Schuld sê hoewel daar in sommige gebiede grondeise is, is landbougrond in die streek steeds in sterk aanvraag.
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|