 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back Kontant kraai koning in Struisbaai Kontant kraai koning in Struisbaai Huisverkope in Struisbaai neem toe en kontantkopers kraai koning.
Comine du Toit, eienaar van die plaaslike Aida-kantoor, berig dat bykans 70% van onlangse transaksies met kontant beklink is. “Die mark het in Augustus verlede jaar begin stoom optel en kopers is nou in alle prysklasse bedrywig. Kontanttransaksies is algemeen in alle prysklasse tussen R300 000 en R4m,” sê sy.
Kopers teiken huise en woonstelle in teenstelling met die tendens ‘n paar jaar gelede toe erwe die gewildste keuse was. Kopers uit die Kaap is nou die beste in die mark verteenwoordig maar daar is ook heelwat kopers uit ander dele van die land, soos Gauteng en Noordelike Provinsie, terwyl internasionale kopers van plekke soos Namibië ook aktief belangstel.
Du Toit sê die huurmark, veral vir vakansieverblyf, is gesond en dat beleggers redelike opbrengste kan verwag. “Struisbaai, slegs 5km van Afrika se mees suidelike punt waar twee oseane ontmoet, is ‘n gewilde vakansiebestemming. Die dorp spog met die langste wit strand in die suidelike halfrond en word as een van die veiligste swemstrande in Suid-Afrika beskou,” sê sy.
“Dit is ook ‘n paradys vir hengelaars en talle visvangkompetisies word op gereelde grondslag hier gehou. Vlieërseilers van regoor die wêreld besoek Struisbaai ook gereeld vanweë die uitstekende seiltoestande, wat deur baie aanhangers van die sportsoort as die beste ter wêreld beskou word.”
Du Toit sê voorts dat die lae misdaadvlakke ‘n verdere aansporing vir vakansiegangers sowel as huiskopers is. “Ons het bykans geen misdaad hier nie en volgens statistiek is Struisbaai die veiligste bestemming in die land,” sê sy.
Struisbaai is sowat 200km vanaf die internasionale lughawe in Kaapstad en dus binne gerieflike bereik van internasionale toeriste sowel as vakansiegangers in Suid-Afrika se noordelike streke wat verkies om per vliegtuig na die Kaap te reis en motors te huur om hul eiendbestemming te bereik.
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Aida Struisbaai: 083 444 9886
Skakelpersoon: Comine du Toit
|
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|