EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
MONDAY, 28 NOVEMBER 2011

Back to news archives

Aida-vlag wapper nou in Vishoek

Aida-vlag wapper nou in Vishoek

25 November 2011

Aida National Franchises het 'n nuwe kantoor in Vishoek bekom met die oorskakeling van 'n bestaande eiendomsagentskap na dié gevestigde en vertroude handelsnaam.

Mede-eienaar Maggi-Mae Vidas sê die kantoor, wat in 2008 geopen is, het 'n gedugte teenwoordigheid in die plaaslike mark opgebou en sy sien uit daarna om Aida se kundigheid en goeie naam aan die agentskap se bestaande kliënte bekend te stel. Aida Cape Lifestyle Homes sal die hele mark aan die Kaapse Skiereiland bedien.

Maggi-Mae sê beleggers koop steeds vakansiebehuising in die gebied hoewel verkope traer is aangesien beleggers nie haastig is nie en na goeie waarde soek. "Ons kernmark is steeds plaaslike kopers wat die gerieflike leefstyl van Vishoek en omstreke op prys stel.

"Die hele gebied is steeds gewild onder afgetredenes wat 'n gemaklike leefstyl aan die kus, maar binne maklike bereik van alle geriewe, verkies. En dan haak die meer gematigde klimaat hier natuurlik die knoop deur vir talle afgetredenes sowel as gesinskopers. Uitstekende uitsigte is 'n verdere bonus vir baie kopers."

Die gebied bied 'n wye verskeidenheid eiendomme, insluitende woonstelle vanaf sowat R500 000 vir beginners, gerieflike gesinshuise vanaf sowat R1m en luukse huise wat tot R10m kos.

Maggi-Mae sê voorts dat die skiereiland prysvoordele aan kopers bied. "Eiendom hier bied beter waarde as soortygelyke gebiede nader aan Kaapstad se middestad terwyl kantoorwerkers maklik per trein na hulle werkplekke kan pendel.

"Nog 'n faktor wat in Vishoek se guns tel is die feit dat dit 'n gesinsvriendelike omgewing is. Goeie skole, 'n hospitaal, verskeie banke wat buitelandse valutadienste bied, en talle uitstekende restourante is net 'n paar van die geriewe wat inwoners geniet.

"En dan is daar die gesinsgrootte strand met grasperke waar gesinne oor naweke kan uitspan terwyl die plaaslike seilklub wat bote vanaf die strand te water laat 'n tikkie glans verleen. 'n Grootwithaai wat die baai besoek word as 'n gelukbringer beskou en lok talle besoekers - maar lewensredders maak seker dat swemmers se veiligheid nie in gedrang kom wanneer die haai sy opwagting maak nie," sê sy.

Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Aida Cape Lifestyle Homes: 021 782 9263
Skakelpersoon: Maggi-Mae Vidas

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search