 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back Gehalte vanjaar beter, sê Carr Gehalte vanjaar beter, sê Carr 03 Januarie 2012
'n Mens kan kwalik die uitwerking van verbruikersentiment op die eiendomsmark oorskat - en die afgelope 12 maande was 'n politieke en finansiële mallemeule vir die meeste Suid-Afrikaners.
"Maar onlangse positiewe aanduidings op albei dié fronte, veral ten opsigte van planne om werk te skep en korrupsie in die openbare sektor hok te slaan, stuur die regte boodskap aan plaaslike sowel as buitelandse beleggers en ons verwag dat bestendige rentekoerse en stygende huishoudelike inkomste verbruikersvertroue deur die loop van 2012 'n verdere hupstoot gaan gee," sê Young Carr, uitvoerende hoof van Aida National Franchises.
Uit die hoek van die eiendomsbedryf is Carr "redelik positief" hoewel hy nie verwag dat daar beduidende veranderings aan banke se uitleenbeleid of 'n styging in verkoopsvolumes gaan wees nie.
"Eiendom gaan sonder twyfel meer bekostigbaar word maar ons verwag nie dat dit tot 'n skerp styging in vraag of in huispryse gaan lei nie aangesien talle huishoudings nog steeks gaan wees om nuwe lenings aan te gaan voordat hulle 'n groter deel van bestaande skuld afbetaal het."
"Wat wel gaan verander is die gehalte van sake wat gedoen word. "Dit beteken byvoorbeeld dat minder huise twee, drie of selfs vier keer 'verkoop' gaan word voordat iemand 'n huislening bekom om die transaksie deur te hak. Dit beteken ook dat agente minder tyd en bronne gaan bestee om eiendomme waarvan die prys te hoog is, te bemark."
Die hoofrede vir dié verandering, glo hy, is dat baie van die agente en hoofagente wat die afgelope drie jaar tande gekners het om in die bedryf te bly, nou beter opgelei is en beter bronne en stelsels in plek het en dat hulle nou gereed is om hulle ondernemings uit te brei pleks om net te probeer oorleef.
"In ons eie groep het ons byvoorbeeld ons konsessiehouers gehelp om hul deure oop te hou deur hul ondernemings meer vaartbelyn en doeltreffend te maak en het die afgelope paar jaar hard gewerk om bykomende inkomstestrome te skep om toekomstige groei in hul ondernemings in die hand te werk
"Terselfdertyd is ons verheug dat die bedryf, wat onlangs op 'n meer formele grondslag geplaas is, nou opnuut toetreders lok omdat hulle dié bedryf weer as 'n goeie loopbaangeleentheid beskou. Heelwat bestaande agentskappe, wat waarde in ons handelsnaam sien, het ook onlangs by Aida aangesluit. Dié nuwe vertroue in die bedryf - en die eiendomsmark - word verder onderstreep deur die feit dat Aida pas meer as 400 aansoeke vir SETA-beurse en leerlingskappe vir nuwe kandidaatangente in 2012 verwerk het."
Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Young Carr
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|