EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
MONDAY, 10 JANUARY 2011

Back to news archives

Nuwe ontwikkelings verrys op Vanderbij

Nuwe ontwikkelings verrys op Vanderbij

23 Desember 2010

Eiendomsontwikkelaars is fluks besig op Vanderbijlpark aan die oewers van die Vaalrivier om in stygende aanvraag na behuising te voorsien en nuwe woonstelle en trosbehuising verrys vinnig.

Nog ‘n ongewone tendens in die heersende mark, sê Cas Aucamp, mede-eienaar van die splinternuwe Aida-kantoor op die dorp, is dat die meeste van dié eenhede inderdaad van die plan af gekoop word. “Pryse wissel natuurlik afhangende van die grootte en ligging, maar wanneer dié ontwikkelings bekend gestel word staan kopers tou om eenhede met pryse vanaf R400 000 tot sowat R2,5m te koop.

“Dit is die eerste keer in ‘n hele paar jaar dat ons dié verskynsel bemerk en die rede is hoofsaaklik dat kopers die veiligheid wat nuwe sekuriteitsorpies en -landgoedere bied, verkies.”

Die grootste aanvraag vir woonstelle, sê hy, kom uit die geledere van ouers wat op soek is na verblyf vir hulle kinders wat by die Noordwes Universiteit se kampus op Vanderbijlpark en aan die Vaal Universiteit van Tegnologie studeer, sowel as van beleggers wat hulle op die studentemark toespits.

“Daar is ook sterk belangstelling onder kopers wat ‘n toesluit-en-ry wegbreekplek vir naweke naby die Emfuleni-Oord, Emerald Casino, Loch Vaal en verskeie ander plaaslike geriewe verkies, terwyl al hoe meer welvarende kopers uit Johannesburg verhuis in hul soeke na ‘n meer ontspanne leefstyl.”

Aucamp wys daarop dat die dorp slegs sowat ‘n uur se ry vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe is en dat daar ‘n wye keuse van goeie laer- en hoërskole op die dorp is. Gerieflike inkopiesentrums sluit in die Vaal Mall, ‘n nuwe Makro en die Bedworth-sentrum, wat nou op groot skaal opgeknap word.

Vanderbijlpark, wat aanvanklik as ‘n model dorp vir die duisende werkers by die plaaslike Yskor-staalaanleg (nou 'n ArcelorMittal-aanleg) ontwerp is, spog met uitstekende basiese infrastruktuur en goeie mediese en ander gemeenskapsgeriewe.

“Die stadsraad en plaaslike ondernemings doen ook moeite om die voordele van die dorp se ligging te benut en nuwe werksgeleenthede deur toerisme-ontwikkeling en die bevordering van nabygeleë geriewe soos die Vaalrivier Meander-wynroete, die vlinderpark en verskeie wildreservate, te skep. Dié aksie het ‘n hupstoot gekry toe die Vaaldriehoek vroeër vanjaar die Switserse sowel as Ivoorkus se sokkerspanne tydens die Wêreldbeker gehuisves het.”

Kortom, sê hy, Vanderbijlpark is ‘n bedrywige en groeiende dorp met uitstekende vooruitsigte en die nuwe Aida-kantoor se personeel is gereed om 'n bydrae tot die dorp se gemeenskaplewe te maak en boonop naam te maak in die lewendige plaaslike eiendomsmark.

Uitgereik deur Aida National Franchises
Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Gerda Bothma
Aida Vanderbijlpark
Skakelpersoon: Jacqui Cragg
087 150 5692

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search