 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back to news archives Uitgereik deur Aida National Franchises Vredenburg se eiendomsmark vuurwarm Die eiendomsmark in Vredenburg aan die Wes-Kus groei vinnig en dié klein dorpie het verlede jaar bykans dubbel soveel eiendomsregistrasies aangeteken as die saamgestelde syfer vir die naburige Saldanha en Langebaan. Johan Truter, mede-eienaar van die Aida Weskus-franchise, wat pas ‘n nuwe Aida-kantoor in die opgegradeerde Pick n Pay-sentrum in Vredenburg geopen het, sê die dorp se groei kan toegeskryf word aan sy sentrale ligging. “Dit is binne 25km van sewe ander Weskus-dorpe en is die inkopie- en sakesentrum vir inwoners van dié dorpe, terwyl die woonmark vinnig groei ter ondersteuning van die boubedryf en Mittal Staal se werksaamhede in die gebied. “Die nuwe Weskus Mall wat sy deure na verwagting aan die einde van die jaar gaan open, sal dié neiging versterk en selfs ‘n groter deel van plaaslike koopkrag na die dorp lok. Verskeie groot kettinggroepe het reeds kontrakte vir ruimte in die nuwe sentrum onderteken en hulle teenwoordigheid gaan plaaslike inwoners die 140km rit na Kaapstad spaar om hulle maandelikse inkope te doen.” Bouwerk aan die nuwe sentrum het in November verlede jaar begin. Truter sê eiendomme aan die goedkoper kant van die mark is in groot aanvraag en die meeste transaksies vind in die prysklas minder as R800 000 plaas. “In vergelyking met naburige dorpe, bied dié segment steeds uitstekende waarde.” Eiendomme in die top mark haal nou pryse van tot R2m maar, sê Truter, eiendomme in dié prysklas bied steeds baie meer as op ander plekke. “Vir R2m kan jy byvoorbeeld ‘n eiendom met ‘n private gimnasium koop.” Die nuwe Vredenburg-kantoor sal deur eiendomskenner Lee Neumann bestuur word. Truter sê haar aanstelling is ‘n groot aanwins vir die franchise. “Lee was in beheer van een van die groot banke se portefeulje vir eiendomsverkope en –verhuring in Gauteng en het ‘n huis deur ons kantoor gekoop toe sy na die Weskus verhuis het. Ons was in ons skik toe sy ingestem het om ons Vredenburg-kantoor te bestuur.” Die kantoor sal aanvanklik drie agente en diens hê en meer sal later in ooreenstemming met markvraag aangestel word. Die Weskus-franchise, wat van Yzerfontein tot Citrusdal strek, gaan ook aan die einde van Januarie ‘n toegwysde kantoor in Lambertsbaai open. Die kantoor sal bestuur word deur eiendomstaatmaker Hendrien Louw, wat die plaaslike eiendomsmark reeds bykans twee dekades lank as deel van die Aida-span bedien. Aida hoofkantoor: 012 682 9600 Skakelpersoon: Jan Davel Aida Vredenburg: 022 714 2610 Skakelpersoon: Johan Truter 083 565 7699 of Lee Neumann 082 897 7777
Meg Wilson
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|