EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
TUESDAY, 01 JANUARY 2008

Back to news archives

Uitgereik deur Aida National Franchises

Beleggers teiken Saldanha

01 Januarie 2008

Die woonhuismark in Saldanhabaai blom danksy vraag wat deur nywerheidsontwikkeling aangewakker word.

Nuwe belegging deur Saldanha Staal en ander bedrywe het die karakter van dié tradisionele vissersdorpie aan die Wes-Kus verander en ‘n sterk huurmark geskep aangesien nuwe werksgeleenthede nuwe intrekkers lok, sê Johan Truter, mede-eienaar van die plaaslike Aida National Franchises-kantoor.

“Beleggers is aktief in die koop-om-te-verhuurmark in die prysklas tussen R680 000 en R780 000 en hoewel maandelikse huurgeld vir sulke drieslaapkamerhuise gemiddeld R4000 beloop, verwag beleggers sterk groei in waarde. Eiendomswaardes in Saldanha het die afgelope nege jaar elke drie jaar verdubbel,” sê hy.

Truter voeg by dat verkope in die nuwe 16ha Hoogland-ontwikkeling ook gesond is. “Daar was ‘n lang wagtyd weens vertragings in diensteverskaffing en beleggers wat aanvanklik erwe gekoop het, verkoop nou teen goeie winste. Pryse het die afgelope jaar byna verdubbel en erwe vir herverkoop is nou beskikbaar vanaf R340 000 terwyl die ontwikkelaar erwe nou vanaf R430 000 verkoop.”

Alle dienste is nou aangebring en eienaars het begin om hulle huise te bou. Sowat 10 huise is reeds voltooi of in aanbou.

Daar is ook aanduidings dat daar vraag na luukse eiendom in Saldanha se woonmark begin ontstaan met herneiude belangstelling in strandeiendomme. “In die verlede is Saldanha se mark hoofsaaklik gestut deur inwoners wat op die dorp gewerk het, maar ontwikkelaars koop nou eiendom langs die strand en minstens drie nuwe ontwikkelings word beplan. Sulke ontwikkeling sal die plaaslike eiendomsmark op dieselfde vlak bring as ander Weskusdorpe soos Langebaan, wat ‘n florerende vakansiemark het.

Om aan te pas by die nuwe vereistes van die plaaslike eiendomsmark het Aida Saldanha pas sy kantore opgeknap en meer parkeerruimte geskep. “Ons brei ons werksaamhede in ons franchise-gebied nou vinnig uit,” sê Truter. “Ons Langebaan-kantoor het vroeeër vanjaar na ‘n groter perseel verskuif en ons Vredenburg-kantoor het onlangs geopen. Sterk aktiwiteit in Lambertsbaai het ons genoop om ‘n toegewysde kantoor daar te open en ons beplan ook ‘n kantoor in Piketberg.”

Aida hoofkantoor: 012 682 9600

Skakelpersoon: Jan Davel

Aida Saldanha: 021 714 2610

Skakelpersoon: Johan Truter



Meg Wilson

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search