 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back to news archives Uitgereik deur Aida National Franchises Mosselbaai ‘n gewilde vakansiebestemming Prent: Die 300vkm huis met drie slaapkamers, twee badkamers, twee motorhuise en pragtige uitsigte oor die see vanaf die balkonne is in die mark deur Aida Mosselbaai vir R1,65m. Mosselbaai, ‘n immer gewilde vakansiebestemming, verwag ‘n propvol vakansieseisoen – deels te danke aan die feit dat dié prentjiesmooi dorp aan die Tuinroete pas aangewys is as die Dorp van die Jaar.
“En,” sê Ricus Serfontein, eienaar van die plaaslike Aida-franchise, “Mosselbaai is die veiligste dorp in die land – onlangse statistiek toon dat die dorp die laagtse misdaadsyfer in Suid-Afrika het. Danksy gewilde plekke soos Hartenbos en Diaz Strand, wat verlede jaar sowat 50 000 besoekers per dag gelok het, verwag ons dié seisoen weer ‘n toestroming van vakansiegangers en eiendomsbeleggers.” Serfontein sê daar is steeds gesonde beleggingsgeleenthede in vakansiebehuising. “In sekere areas het ons die afgelope jaar groei van meer as 35% gesien en ons verwag talle navrae van vakansiegangers. “Kopers moet egter nie oorhaastig optree en ‘n aanbod maak op die eerste eiendom wat hulle besigtig nie. Pontensiële groei in waarde – en dus gesonde beleggings – hang van baie faktore af. Sommige eiendom sal byvoorbeeld nie enige groei vir die afsienbare toekoms toon nie weens die hoë vlakke van spekulasie in sommige ontwikkelings. Kopers word aangeraai om die hulp van ‘n eiendomsagentskap met grondige ervaring in die plaaslike mark in te roep om gesonde beleggings te identifiseer.” Eiendomspryse in Mosselbaai begin nou by sowat R430 000 vir woonstelle met een slaapkamer maar Serfontein sê vakansiehuise wat in die smaak van die meeste gesinne sal val kos tussen sowat R750 000 en R3m. “Die kuns is om ‘n gerieflike vakansiehuis te soek wat die beste kans op gesonde groei in waarde in die toekoms gaan lewer.” Serfontein sê Aida Mosselbaai het ‘n baie suksesvolle jaar beleef ondanks moeilike marktoestande. “Die eiendomsbedryf beskou 2007 allerweë as ‘n krisisjaar weens stygende rentekoerse en die uitwerking van die Nasionale Kredietwet. Ons het egter ‘n stewige vertoning gelewer en vele transaksies behartig danksy ons span knap agente en die vertroue wat hulle onder kopers en verkopers ingeboesem het. “Ek verwag dat die mark die volgende paar maande steeds ietwat stadiger sal beweeg, met ‘n oplewing aan die einde van volgende jaar. Kopers wat nou oordeelkundig belê gaan waarskynlik goeie opbrengste realiseer.” Aida hoofkantoor: 012 682 9600 Skakelpersoon: Jan Davel Aida Mosselbaai: 044 691 1582 Skakelpersoon: Ricus Serfontein
Meg Wilson
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|