EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
MONDAY, 19 NOVEMBER 2007

Back to news archives

Uitgereik deur Aida National Franchises

Bloemfonteinse eiendomsmark blom

Die eiendomsmark in Bloemfontein het die afgelope jaar stewig vertoon met pryse van wooneiendom wat teen sowat 15% toegeneem het.

Dit is die nuus van Riaan Malan, hoofagent van die plaaslike Aida National Franchises-kantoor, wat onlangs verskuif het na ‘n nuwe perseel wat 26 agente kan akkommodeer.

“Daar is ‘n gewoel en gewerskaf in die mark,” sê hy. “Die woonmark is baie bedrywig en word gestut deur sterk vraag in die handelsektor. Nuwe kantoorblokke verrys in Westdene, terwyl die nuwe Waterfront Mall langs die rugbystadion in Augustus geopen het.

“Ons ervaar ook sterk groei in die vraag na kleinhandelondernemings soos restaurante en in die diensbedrywe. Kopers is tipies middeljarige inwoners wat aftree- of skeidingspakette gebruik om hulle eie ondernemings te begin.”

Die goedkoopste wooneenhede kos nou vanaf sowat R400 000 vir tweeslaapkamer-woonstelle, terwyl eenhede met drie slaapkamers nou pryse van sowat R750 000 behaal. Basiese huise met drie slaapkamers en enkelbadkamers, wat ‘n bietjie opkanning nodig het, is ook beskikbaar teen R750 000.

Malan sê die grootste vraag is in die prysklas rondom R1,2m terwyl daar goeie voorraad in die R2m prysklas is.

“Top pryse vir bestaande eiendom draai by sowat R6m en ons sien steeds vraag in dié prysklas. Die mark het effens verstadig na die jongste stygings in rentekoerse maar kopers is klaarblyklik nou gewoond aan die nuwe vlakke en die mark word beslis besiger.”

Malan sê verdere bewyse van vertroue in die mark is die feit dat nuwe eienaars luukse huise teen ‘n koste van tot R10m bou.

Aida hoofkantoor: 012 682 9600

Skakelpersoon: Jan Davel

Aida Bloemfontein: 015 400 4100

Skakelpersoon: Riaan Malan.


Meg Wilson

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search