 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back to news archives Uitgereik deur Aida National Franchises Nuwe Aida-kantoor vir Robertson Die Aida-eiendomsgroep het ‘n nuwe franchise geopen in Robertson, die Bolandse dorp in die hartjie van die streek bekend vir uitsoekwyne, pragtige natuur en ‘n ontspanne leefstyl. En, sê eienaar Johan Gous, die kantoor het ‘n vinnige inslag in die mark gemaak danksy die wye herkenning van en waardering vir die Aida-handelsnaam. “Ondanks stygende rentekoerse en die uitwerking van die nuwe Nasionale Kredietwet is daar steeds beweging in die mark en ons het goeie reaksie van kopers en verkopers ervaar. Daar is ook tekens dat die mark na die einde van die jaar gaan stoom opbou.” Gous, wat ‘n graad in sakebestuur verwerf het en wye ervaring in die bankwese en verbandkonsultasie het, sê Robertson is nou een van die mees gewilde dorpe in die Kaapse wynlande danksy die Victoriaanse geboue, pragtige tuine en jakarandas wat die strate omsoom. Die dorp het ook ‘n aantal nuwe ontwikkelings wat goeie waarde vir geld bied. Dit sluit in Roode Villas en De Groene Oewers waar erwe van sowat 500vkm fluks verkoop teen pryse van tussen R260 000 en R280 000. Boukoste in die gebied wissel tussen R3500 en R4000/vkm, afhangende van afwerkings. Aida Robertson het ook ‘n mandaat om die Silverstrand-gholflandgoed te bemark. Die ontwikkeling is ontwerp om in die smaak van gholfspelers sowel as hengelaars, watersportgeesdriftiges en voëlkykers te val. Die eerste 10 meenthuise in die landgoed is reeds voltooi en word bemark teen R1,35m elk, terwyl die volgende fase erwe beskikbaar is teen R650 000 elk. Erwe wat later vrygestel gaan word is geleë aan die suidelike oewer van die rivier wat deur die landgoed vloei en gaan sowat R895 000 stuk kos. Meenthuise aan die oewer gaan teen sowat R1,75m bemark word. Gous sê pryse vir bestaande huise op Robertson self begin by sowat R650 000 vir ‘n drieslaapkamereenheid, terwyl gemiddelde gesinshuise verkoop teen pryse van tussen R750 000 en R850 000. Die meeste transkasies word vir minder as R1m beklink maar luukse huise, tipies met vier slaapkamers, twee motorhuise en ‘n swembad op ‘n erf van tussen 1000vkm en 1400vkm, verkoop teen pryse van tussen R1,2m en R1,8m. Huise in voorheen-benadeelde gebiede is beskibaar van so min as R150 000 terwyl eenhede met drie slaapkamers en een badkamer teen pryse van tussen R250 000 en R450 000 verkoop word. Die Aida-kantoor is in 12A Paul Krugerstraat, die hoofroete na die middedorp, en bedien ook die markte op die naburige McGregor en Bonnievale. Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Jan Davel Aida Robertson: 023 626 5509 Skakelpersoon: johan Gous
Meg Wilson
Listen to article |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|