EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
WEDNESDAY, 24 OCTOBER 2007

Back to news archives

Uitgereik deur Aida National Franchises

Meer behuising nodig in Hazyview

Behuising in die bekostigbare sektor is in groot aanvraag in Hazyview aan die Panoramaroete in die Mpumalanga laeveld.

“Die plaaslike huismark word gestut deur sterk vraag in die sektore vir toeristeverblyf en bekostigbare behuising, maar vraag in die laasgenoemde kategorie is veel groter as aanbod,” sê Marelize Schuld, eienaar van die plaaslike Aida National Franchises-kantoor.

“Die mark in R350 000 tot R750 000 prysklas groei, maar nuwe ontwikkelings bied tipies boupakkette vanaf sowat R700 000. Dit skep dus goeie geleenthede vir ontwikkelaars wat goedkoper eenhede na die mark kan bring.”

Hoewel ontwikkelingsgrond beskikbaar is, sê Schuld dat pryse die afgelope jaar skerp gestyg het weens die bou van vier nuwe ontwikkelings wat nou bemark word.

“Infrastruktuur sal ook verbeter moet word om vir verdere ontwikkeling voorsiening te maak, maar die plaaslike regering en sake-ondernemings werk saam om die saak aan te spreek. ‘n Hospitaal en aftree-oord is ook reeds in die beplanningstadium.”

Schuld noem ook dat die toerismemark baie lewendig is. “Hazyview bied baie en is geteiken as ‘n satellietvenue vir die 2010 Sokkerwêreldbeker. Die nuwe Pabeni-hek na die Kruger Wildtuin is net 10km buite die dorp en Hazyview is sentraal geleë ten opsigte van toeristebestemmings soos Blydepoort en die Sabie-watervalle.

“Minstens sewe plaaslike toerondernemings is op die dorp gevestig en aktiwiteite sluit in olifantritte, veldfietsritte, riviervaarte, perderitte en rotsklim. Daar is ook talle restaurante, bed-en-ontbytplekke en lodges wat vir toersite voorsiening maak.

“Hazyview bied beleggers in vakansieverblyf ‘n wye keuse. Ons het nou 10 B&Bs en lodges op ons boeke teen pryse wat tussen R1,8m tot R18m wissel,” sê sy.

Byskrif:

Diè asemrowende lodge is slegs 8km vanaf Hazyview op een van die hoof toeriste paaie geleë. Daar is 13 eksklusiewe en-suite gaste kamers, 'n ontvangs area, eetkamer, ontspannings area en 'n kombuis. 'n TV kamer, restaurant, kroeg en 'n aparte afdeling vir eienaars is ook deel van die lodge. Kontak Stefanie Coetzee by, Aida Hazyview by 076 740 0578 vir meer inligting.


Aida hoofkantoor: 012 682 9600

Skakelpersoon: Jan Davel

Aida Hazyview: 013 737 7165

Skakelpersoon: Marelize Schuld



Meg Wilson

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search