 |
KEYWORD SEARCH |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
|
 |
Back to news archives Uitgereik deur Aida National Franchises Lente laat Plet se eiendomsmark blom
Lente is in die lug in Plettenbergbaai en het die neerdrukkende uitwerking van die Nasionale Kredietwet en stygende rentekoerse op die plaaslike eiendomsmark verlig. “Die afgelope winter was die mark op Plet die stilste in ‘n lang tyd,” sê Charmaine le Roux, nuwe eienaar van die plaaslike Aida-kantoor. “Maar vraag het aan die begin van die lente aanmerklik gestyg en ons kry nou talle navrae. Dit lyk of ons ‘n goeie somerseisoen gaan beleef,” sê sy. Ontwikkelaars het vertroue in die plaaslike mark vir wooneiendom behou en Le Roux sê opwindende nuwe ontwikkelings gaan binnekort bekend gestel word. Een van die ontwikkelings gaan 11 eksklusiewe eenhede met onbeperkte uitsigte oor die see bied. “Die ontwikkeling, waarvoor ons kantoor die alleenmandaat bekom het, is pas goedgekeur. “Pryse begin by R650 000 vir erwe maar kopers kan plot-en-plan pakkette teen pryse vanaf R2,2m kies. Die ontwikkeling, wat nog ‘n naam moet kry, is naby aan die Formosa Gardens ouetehuis geleë en sal later vanjaar amptelik bekend gestel word,” sê sy. “Die pryse is baie billik vir Plet, waar toegangspryse vir byvoorbeeld eenmanwoonstelle by sowat R650 000 begin. Basiese woonhuise met drie slaapkamers verkoop vanaf R1,2m terwyl luukse eiendom op die strand pryse van tot R25m behaal.” Le Roux het die kantoor vroeër vanjaar bekom. Sy het 15 jaar ervaring as ‘n eiendomsagent en woon al die afgelope 11 jaar in Plettenbergbaai. “Ek was pas aangestel as bestuurder van die agentskap toe die geleentheid hom voordoen om die franchise te koop. Ek het voorheen ‘n baie suksevolle onafhanklike agentskap in Sasolburg bedryf en die tydsberekening was net reg om weer op my eie voete te staan,” sê sy. Le Roux beplan om die Aida-handelsnaam sterk in die gebied te vestig. “Die handelsnaam is baie suksesvol en gevestig in Gauteng, die Wes-Kaap en ander dele van die land en ons beplan om die resep plaaslik te volg. “Ons stuur daarom ‘n intensiewe bemarkingsaksie van stapel en ‘n nuwe webtuiste is deel van ons strategie om die handelsnaam onder die aandag van plaaslike eiendomsverbruikers te bring. En almal wat ons pragtige strand dié somer besoek sal nie ons Aida-sambrele wat die lewensredders koel gaan help hou kan miskyk nie.” Aida hoofkantoor: 012 682 9600
Skakelpersoon: Jan Davel Aida Plettenbergbaai: 044 533 5772 Skakelpersoon: Charmaine le Roux
Meg Wilson |
|
 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|