EVERYTHING  WE TOUCH TURNS TO SOLD
ESTABLISHED IN 1958 - Loved And Trusted By All SOUTH AFRICANS
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida National Franchises
Aida : Real Estate
E-mail: Password: | Register now | Why register?

PROPERTY SEARCH
KEYWORD SEARCH




SEARCH WITH CRITERIA




Price: to


Bathrooms :

Bedrooms :

Garages :
Animals allowedBar
Built-in BraaiPatio
PoolThatch roof


Property Search
Property Search NEWS Property Search

Property Search   Property Search
FRIDAY, 04 NOVEMBER 2011

Back

Eerste huise verkoop in nuwe aftreedorpie naby Hermanus

Eerste huise verkoop in nuwe aftreedorpie naby Hermanus

04 November 2011

'n Rustige atmosfeer en moderne geriewe maak van Onrus naby Hermanus 'n perfekte aftreebestemming - en 'n nuwe aftreedorpie gaan mense eersdaags die geleentheid gee om hulle drome van 'n 'aftreehuisie by die see' te verwesenlik.

Deon Esterhuyse van Aida Onrus, wat die ontwikkeling bemark, sê dat grondwerke vir die dorpie, Twee Fonteine, reeds voltooi is en dat die gemeenskapsentrum, wat die kern van die dorpie vorm, na verwagting teen die einde van volgende jaar voltooi gaan word.

"Hoewel bouwerk aan die eerste losstaande huis, wat as 'n skouhuis gaan dien, pas begin het, is ses van die huise reeds verkoop en ons ontvang daagliks navrae."

Die voltooide dorpie gaan uit 75 voltitel-eenhede en 42 deeltitel-eenhede bestaan, sê hy. "Die voltitel-eenhede van tussen 128vkm en 183vkm gaan twee badkamers en twee of drie slaapkamers, 'n enkel of dubbel motorhuis, sowel as 'n ruim stoep bied. Daar is ook 'n keuse om 'n braaikamer teen 'n koste van minder as R4000/vkm te laat bou.

“Die huise word van die bouplan verkoop en pryse, wat erwe van tussen 252vkm en 498vkm insluit, wissel tussen R1,325m en R1,8m. Kopers word 12 maande vanaf die verkoopdatum van die erf gegun om te begin bou."

Die oppervlak van die deeltitel-eenhede wissel tussen 28vkm en 83vkm sal deel vorm van die sentrale gebou, wat ook 'n kombuis, eetvertrek, dameskroeg en sitkamer, en geriewe vir verswakte sorg sal insluit. Pyse van die deeltitel-eenhede wissel tussen R560 000 en R1,66m. Alle pryse sluit BTW in.

Esterhuyse sê dis 'n ideale beleggingsgeleentheid vir mense wat hul eenhede wil verhuur totdat hulle eendag self aftree.

Hy wys daarop dat die hele ontwikkeling beveilig gaan word deur 'n enkele toegangspunt wat deur wagte beman gaan word en 'n grensmuur met 'n elektriese heining bo-op.

"Elke woning sal met 'n paniekknoppie toegerus word wat met die verpleegsorgeenheid in die gemeenskapsentrum gekoppel gaan word en Elcare, wat dienste in talle aftreeplekke regdeur die land verskaf, sal professionele mediese sorg verskaf."

Finansiering is vir gekwalifiseerde kopers beskikbaar.

* Aida Onrus by 028 316 3393 of aidaon@mweb.co.za of Deon Esterhuyse by 083 284 0027 kan meer inligting oor Twee Fonteine verskaf.

UITGEREIK DEUR AIDA NATIONAL FRANCHISES
AIDA HOOFKANTOOR: 012 682 9600

listenListen to article




Property Search
Property Search     Property Search
Property Search Property Search